Die storie van Houtstok…
“In die vlaktes van die Swartland is iets aan die broei
Onder die afrikaanse volk is opgewondenheid aan’t groei
Hulle se daar gaan baie te koop, kou en nog meer te lawe wees
…om nie eens van die groot gesing gepraat
My ou, hierdie is die Houtstok Afrikaanse Musiekfees
____________________________________________
Vrede, Afrikaans, Vryheid pols ons trotse leuse
Hoe dan nou anners
In ons huis is afrikaans die enigste keuse
Kommandeer jou familie en vriende – bring jou lekker kuiergees
Vir die res, moenie worry, ons het gereel, alles is klaar daar
En om die vrede te bewaar, stuur tog asseblief groete vir jou ma
____________________________________________
Gerhard klop net tjoklits en Kurt se seile span styf
Die girltjies gil “Nicholas”, want hy rock sy sexy lyf
Emo, Wicus, Elizma, die Heuwels en Theuns Jordaan,
Nadine, Broers, Pieter en Romanz….
3 dae is te kort – ons kan heeljaar so aangaan!
____________________________________________
Want, Vrede, Afrikaans, Vryheid pols ons trotse leuse
Hoe dan anners
Op my werf, bly afrikaans die enigste keuse
Kommandeer jou familie en vriende – almal gaan daar wees
Daars genoeg om te doen, die kinners sal nie kla
En om die vrede te bewaar, stuur tog asseblief groete vir jou ma”
Vrae en Antwoorde oor Houtstok 2010!
Houtstok 2010 Afrikaanse Musiek Fees
Die Houtstok 2010 Afrikaanse Musiek Fees word gehou op die plaas Dieprivier in die Malmesbury Distrik. Die plaas is geleë reg langs die N7 wat Kaapstad en die Swartland met mekaar verbind!
Die feesterrein is slegs:
• 15 km suid van Malmesbury
• 40 km vanaf Moorreesburg
• 55 km van Wellington en Paarl
• 80 km vanaf Stellenbosch
• 40 km vanaf Durbanville, Tygervallei en Tableview
• 25 km vanaf Melkbosstrand.
Oorsprong: Houtstok 2010
Die idée van Houtstok is geskoei op die Woodstock ’69 Festival in New York. Die hele konsep vrede en vryheid van Woodstock ’69 is net so behou…..ons het net Afrikaans bygevoeg!!
Kyk gerus na ons webwerf: http://www.houtstok.co.za
Kunstenaars op Houtstok 2010
Ons het al die groot name in die Afrikaanse musiek bedryf by ons! Van Steve Hofmeyr, Kurt Darren, Theuns Jordaan, Gerhard Steyn…..reg deur tot by David Fourie, Elizma Theron en vele ander! Kyk gerus na ons program op ons webwerf.
Alle kunstenaars is reeds gekontrakteer en al hul deposito’s betaal!
Wat ondeskei Houtstok 2010 Fees so uniek van ander feeste?
Wat ons uniek maak is ons ligging, ons terrein en dan natuurlik al die ander dienste wat ons bied!
Ons het:
- slegs een groot 35m verhoog !
- 35 ure van die beste Afrikaanse musiek!
- 5 ster VIP tent – lugverkoeling, Smorgasbord ete, wyn op die huis, en en en…!
- ‘n tente dorp en kampeerplek reg langs die fees terrein!
- Ons maak ook voorsiening vir die jong feesgangers. Kyk na die inligting oorTeddy Town
wat hierna volg!
Die Fees terrein is gelee langs ‘n 14 ha dam!
Teddy Town (75m x 50m)
Ons amptelike liefdadigheidsorganisasie TygerBear Foundation (www.tygerbear.org.za) gaan ‘n klein dorpie oprig binne die feesterrein waar kinders vanaf die ouderdom 6 maande tot 12 jaar in hul sorg gelaat kan word. Daar gaan georganiseerde programme wees om die jong klomp te vermaak met hulle eie verhoog en tentsaal! Van poppespel tot buiksprekers, kulkunstenaars en nog vele meer gaan daar wees. Ons borge het almal saamgespan en springkastele, “water walkers”, Houtstok Express trein en vele ander opwindende toerusting geborg. Genoeg om hulle besig te hou!!
Twee etes en verversings word verskaf! Slegs R100 per dag!
Kinders en ouers ontvang unieke armbande om te verseker dat jou kleinding veilig is. Daar sal 24 uur sekuriteit aan diens wees!
Vir meer inligting hou ons webwerf dop!!
Akkommodasie: Houtstok 2010
Die akkommodasie by Houtstok is ook uniek.
Kampeer Houtstok “Style”
Koop jou eie 2 man tent by ons met 2 slaapsakke, 2 matrasse en 2 kussings vir R850 vir die naweek. Na Houtstok vat jy dit saam met jou!! Toilet en warmwater ablusie geriewe word voorsien!
Kampeerders – Eie tent of Karavaan
Daar is plek vir karavaan eienaars of diegene met hulle eie tente om op die plaas te kom kamp.
Vir slegs R150 per dag – kry jy:jou staanplek, Daar is kragpunte , waterpunte, gemeenskaplike toilette, warmwater ablusie geriewe en 24 uur sekuriteit! ! Die kampeer terrein is oop vanaf die 22ste tot die 26ste April 2010. “First come first serve basis!”
Parkering: Houtstok 2010
Parkering by Houtstok is geen probleem nie. Ons het meer as 20 ha se parkeerarea beskikbaar met 24 uur sekuriteit !
Houtstok en my familie
Ons beoog om die konsep van n familie in fees terug te bring!! Nou kan Pa en Ma hulle self geniet sonder om bekommerd of skuldig te voel oor hul kinders.
Houtstok en ander “entertainment”
Bo en behalwe die program gaan die volgende ook beskikbaar wees:
• “ScadDiving” – 50m vry val!!
• “Mechanical Bull”
• “Water Walkers on the Dam”
• “100m” Slip & slide into dam”!
Houtstok Parkeer-en-Ry dienste
Daar gaan verskeie busse wees wat, elke uur op die uur, vanaf drie winkel sentrums na die feesterrein en terug sal ry.
• Canal Walk
• Stellenbosch – Neelsie/Paarl Mall
• Tygervallei
So nou kan jy gaan fees sonder om jou oor enige blaaspypies te bekommer!!
Stalletjies – Voedsel en Vlooimarkte
Die bestuur van Houtstok verwag n bogemiddelde bywoningsyfer gedurende die fees naweek. Ons is bewus van die Lambertsbaai Kreef fees en die SA Kaas en Wyn fees oor dieselfde naweek.
Die rede vir ons optimisme is gegrond op die volgende feite:
• Dat ons baie maklik bereikbaar is vanaf al die groot Metropole in die Kaapse Skiereiland, en al die groot dorpe in die Swartland en Boland.
• Akkommodasie gaan nie ‘n probleem wees nie – kom kamp of slaap by die huis!
• Dat die besparing in bogenoemde die feesgangers meer geleentheid bied om beter “fees” te hou
• Die parkeer-en-ry fasiliteit probleme met die owerhede uitgeskakel is!
• Die Teddy Town die hele familie die geleentheid bied om saam die fees the geniet!
• Ons program van kunstenaars is verseker die beste van alle plaaslike feeste is!
• Alle anduidings van ons bemaringsplan en terugvoer van ons promosies dui aan op n reuse sukses!
Kom wees deel van die fees wat NIEMAND ooit sal vergeet nie!!